de malle meul weddings and functions in philidelphia
Home       Weddings & Functions       Shows & Events       Sunday Buffet       Art       Accommodation       About Philadelphia       Gallery       Contact & Map
 
de malle meul philadelphia shows and events
  
de malle meul philadelphia shows

de malle meul philadelphia shows

cooking classes de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia

de malle meul philadelphia
Shows

2011 se kunstenaars was Karen Zoid, Stef Bos, AfriSpaans, Marion Holm, Koos Kombuis en Vive la France. Shows word een keer per maand by ons intieme venue aangebied saam met ‘n ligte ete en na die tyd kuier ons almal saam om ‘n koppie koffie en ietsie soets.

By de Malle Meul poog ons om een maal per maand te sorg vir vermaak op ons klein dorpie. Ons bied 'n ligte ete saam met die vertonings aan en kaartjiepryse wissel na gelang van die produksie. Ons is trots om te kan bekendmaak dat die volgende kunstenaars by de Malle Meul gaan optree:

• 10 Februarie : Anna Davel
• 16 Augustus : Lize Beekman

Om te bespreek en die bankbesonderhede te kry, skakel ons tussen 10:00 en 16:00 by de Malle Meul by 021 972 1097 of by 072 668 7901. Sodra bewys van betaling gekry is, is die bespreking bevestig.

Kookklasse

De Malle Meul bied interaktiewe kookklasse aan vir groepe van 4 tot 10 persone. Madelein Roets, kok van die ou de Malle Madonna-bistro in die Paarl, en Johané van Schalkwyk, assistent-kosredakteur van TUIS-tydskrif, sorg vir ‘n kookervaring vir beginners tot ervare huiskokke.

Dit is tyd vir KOOK! Die programm vir die jaar lyk as volg (Hou ons Facebook dop vir die program):

  • Onthou-kos
     
  • Pasta, Gnocchi en Risotto - Kom hou jou lyf Italiaans: rol aartappel gnocchi soos ‘n ‘mama’, speel met vars pasta en ‘n verskeidenheid souse en kook slim risotto sonder sukkel.
     
  • Toe hoenders kon vlieg! – Ontbeen en stop self ‘n hoender, maak liplekker pasteitjies met suurroomdeeg en ons deel idees vir japtrap etes.
     
  • Franse Fieterjasies! – Plat du joir kry ‘n ontrimpeling! Ons fokus op Franse tegnieke: pak ‘n terrien met flair, flambé jou vark noisettes en werk met Franse deeg. Bon Appetit!
     
  • Winterwarmte: soppe en bredies – Begin by die begin: basiese tamatie-, room- en groente-basisse vir soppe en bredies om mee te eksperimenteer na hartelus; kluitjies, croutons en dies meer – bring ‘n bietjie tyd voor die stoof deur en proe die liefde.
     
  • De Soete verleiding – Duitse appel strudel, Franse meringue roulade en Griekse baklava en kom reis verder saam.
     
  • Bykosse is nie ‘n bysaak nie – Dink uit die boks met brood, couscous, groente en slaaie; spesiaal vir die winter.
     
  • Suid-Afrikaanse Specials – Ons blaai Ouma se kop-resepte deur en dis die Sondagmiddag-maal met smaak op. Stadsjapies veral welkom!

Die klasse is Saterdae-oggende vanaf 09:30 tot ongeveer 14:00 afhangend van hoe lekker almal kook en kuier. Die koste beloop R490 per oggend en sluit in : Koffie en beskuit by aankoms, alle bestanddele vir die klas en voorbeelde om huis toe te neem, 'n resepte- en wenke- boekie, 'n verrassingspakkie en 'n voorskoot en ons eet lekker saam met 'n glasie wyn.

Bring entoesiasme en 'n paar 'tupper'-bakkies saam.

Kookklasse terugvoer:

"Ek en Anke wil graag weereens bitter baie dankie sê vir ’n heerlike oggend wat ons saam met julle kon deurbring Saterdag. Ons het sommer blinkwange tuis gekom! Dankie dat julle julle kennis en resepte met ons gedeel het, maar meeste van alles dankie vir julle entoesiasme en vriendelikheid – so ’n oggend is genoeg om weer mens se vertroue in die mensdom te herstel!

Daar is net niks so lekker soos kuier rondom kos, wyn en goeie geselskap om die lewe en vriendskap te vier nie! Baie dankie ook vir die allerheerlikste verassingspakkie!! En toe ook nog ’n padkospakkie – die mense tuis het gesmul en vanaand maak ek die tamatiebotter saam met die orige ricotta gnocchi. Anke het die pasta saam vir hulle. Verder het ons heelnaweek deur die boeke geblaai en naels geverf"

Liefde en lekker dag!  Christina en Anke

Events

De Malle Meul bied graag eksklusiewe oggendtees aan vir tussen 10 en 16 mense. Ons poets die ou silwer blink. Dek met lang wit tafeldoeke toegegooi met die dunste blommerige voile lappe. Gebruik fyn lapservette. Hou die sjampanje koud en die tee vars. Speel strelende musiek.

‘n Verskeidenheid van die volgende word voorgesit: Komkommer-toebroodjies, Biltong Lamingtons, Groenvye en neute tertjies, Petit Kolwyntjies, Petit Fours, Koeksistertjies, Rum-balletjies, Madeleines,ens.

Mini heel-koeke: bv. Sjokolade Mousse-koek, Gebakte Kaaskoek, ‘Victorian Sponge’-koek, Pekanneut meringue tert, Tradisionele Sjokolade-koek, Koffie-koek, Wortelkoek. Om te drink is daar van vrugtesap tot tee, van MCC-Vonkelwyn tot organiese buchu-, organiese roosmalva-, organiese suurlemoenstroop aangemaak met sodawater.

Damesoggende kan gereël word. Kom kuier lekker saam om potte stomende tee en koffie. Knak sjampanje. Eet kaaskoek en quiche, of iets anders. Luister na sprekers en mooi musiek. Bou nuwe bande en behou ou vriendskappe.

Morning teas can be organized. Mingle around pots of steaming tea and coffee. Share a bottle of champange. Eat cheese cake and quiche, or something else. Listen to speakers and live music. Build new bonds and rekindle old friendships

Alhoewel ons ’n permanente uitstalling van Pieter van der Westhuizen se kunswerke in ons galery het, bied de Malle Meul die geleentheid aan ander kunstenaars om kunsuitstallings te hou. Die kunstenaarsdorpie, Philadelphia, bied die ideale atmosfeer vir kunstenaars om hul werke ten toon te stel. de Malle Meul is ingerig en kan ’n groot aantal werke akkommodeer. Dit gaan gepaard met ’n vingerete en iets te drink by die openingsaand.

Although we host a permanent exhibition of Pieter van der Westhuizen’s work, de Malle Meul can create the opportunity to other artists to hold private art exhibitions. The artsist village of Philadelphia is the ideal place for artists to exhibit their works. Opening night will include finger food and something to drink.

Ander spesiale geleenthede wat al by de Malle Meul aangebied is, was die spesiale fondsinsamelingaand vir die Nasionale Instituut vir Dowes wat die avonturier-stapper, Anette Grobler, gekoördineer het. Pedro Kruger het as seremoniemeester opgetree en Lize Beekman was die gaskunstenaar. Na ’n heerlike ete is ’n veiling gehou van wyne, REVLON-produkte, 4 x 4 –roete, gholfdae, ens.

’n Program is deur Pasella opgeneem van Janie du Plessis wat die segspersoon vir “Cancervive” is. Die program is in Junie 2011 gebeeldsend. De Malle Meul was die beginpunt van die opname. Renier van der Merwe, die tandarts van die dorp, het die heerlikste pienk koeke en kolwyntjies gebak. Die gaste het dit so geniet dat resepte uitgedeel is.

Pasella recorded a programme of Janie du Plessis, the spokeswomen for “Cancervive”. The programme was broadcasted in June 2011. De Malle Meul offered tea and cake to the Cancervive team.

Media
  • Pasella – Junie 2011 met Janie du Plessis en Cancervive
     
  • All Access – April 2010 met AfriSpaans en Maud Myra
Publikasies
  • Die Burger, Naweek Plus – Suid-Afrika se Philadelphia - Junie 2010
     
  • SARIE Tydskrif – Philadelphia - Anna se plek van rus - Junie 2010
     
  • Leef Tydskrif – Plek van Naasteliefde – Julie 2010
     
  • TUIS tydskrif – Kos en Drank – September 2010
     
  • Sunday Times – The Cape’s own Dr. Phil – Nancy Richards – January 2011
     
  • Country Life Magazine – Country Calling – April 2011
     
  • SA Wine Magazine – 20 Places to tuck into Sunday Lunch – July 2011
  • Naweek (Die Burger) – Hier ruik dit nes die platteland – 27 Augustus 2011
  • The Month – Crazy Times : Jill Pepper visits de Malle Meul in the Swartland – January 2012.
 
Website Development by Design Connection. All Rights Reserved © 2011. Acknowledgements   l   Directions   l  Shows & Events   l   About Philadelphia